Wednesday, September 5, 2007
Soms is jy die mossie en soms is jy die standbeeld...
en ek het nou gister aand so op my bed gelê en gewonder hoe waar dit kan wees. of jy elke dag moet instap met 'n smile op jou gesig en net lag, want die lewe is 'n lied?
toe begin ek bietjie wonder daaroor... die lewe kan wees net wat jy daarvan maak. Dit kan jou lied wees, jou fliek (waar jy natuurlik die hoofrol is), jou gedig... mens moet dalk net besef dat daar verskillende genres is van elkeen. Gister was my liedjie, Miss you nights van Cliff Richard, vandag is dit een van die Celtic Women se songs wat in my gedagtes draai. soms Lolliepop van Mika... jy kry die idee, nê?
Dis vir my altyd moeilik om te besef dat 'n deel van jou lewe - groot of klein - in jou eie hande lê. vandag se keuse bepaal môre sy verloop.
'n Vriendin van my het gister vir my geê dat so lank jy heeltyd ja sê, kan jy niemand blameer vir jou situasie nie. Dit bly nogal by my, want dis wyse woorde.
Jy maak van jou lewe, van jou dag, net dit hoe jou ingesteld is as jy wakker word. ek het dit nooit geglo nie, maar ek het dit al self beproef, hoe ek die dag wakker word, bepaal 'n groot deel van hoe my dag uitdraai.
en nee, ek het nie regtig 'n punt nie. ek skryf maar net, want my kop is alweer so vol gedagtes dat ek net wil filosofeer en alles uitsort.
ek weet in elk geval nie of enige iemand dit lees nie...
Tuesday, August 28, 2007
Universiteit van die Vrystaat: tersiere inrigting of kweekhuis vir politici?
Tog was ek so skaam om myself ‘n Kovsie te noem tydens die week van die verkiesing vir die nuwe SR 2007/2008
Ek het nog nooit regtig belang gestel in die SR nie. In my eerste jaar het ek slegs vir die voorsitter gestem, want hy was die pa van my koshuis. Die tweede jaar het ek basies net gestem omdat al die ander dit gedoen het, nie omdat ek regtig wou nie. Maar die jaar was dit so anders.
Ek verstaan dat die vorige SR baie gedoen het om die hoofkampus van die UOVS ‘n veiliger plek te maak, maar ek dink nie dis omdat dit die VF+ die party was van die SR nie, maar bloot omdat daar goeie kanidate was. Ek het ook al gereeld verby ‘n SR lid gestap, gegroet, maar moes net ‘n gluur terug ontvang.
Ek sien myself nog as ‘n jong volwassene en was vir my nogal ‘n skok om te sien dat die meerderheid studente wat vir spesifieke partye staan, jonger as ek is. Wat my ook verbaas het, is dat ek gesien het dat somige van die studente nie eers eerlik in hulle aktiwiteite was nie. Ek kan veral verwys na ‘n vereniging waarop een van die kanidate gesê het sy behoort, maar ek behoort aan die spesifieke vereninging en het haar nog nooit daar gesien nie. Dis wel iets klein, maar hoe kan dit ‘n ware beleid inlei?
Ek weet, die verkiesing is verby en dit gaan nie help om nou iets daaroor te sê nie, maar tog vreet dit my op om te sien hoe jong mense, met hulle hele lewe wat nog voor hulle lê, hul sielle kan verkoop aan die politiek.
Ek glo dat enige Universiteit sy studente toerus om sy/haar eie keuses te kan maak en met die nodige kritiek na ander te luister en bevraagteken. Wat word daarvan as die poliek betrokke raak wat almal net probeer vasvang in die beloftes en mooi praatjies, wat meeste van die tyd nie realiseer nie?
Almal het ‘n reg tot hul eie keuse, maar hoe word die spesifieke “Kovsie partye” nie beïnvloed deur die stigters van die “oorspronklike partye” nie? Soms moet ‘n mens net bereid wees om breër te kyk as dit wat voor jou geplaas word. ‘n Student is eintlik baie vatbaar vir die tipe invloede.
Ek het nie die jaar gestem nie, want ek stem nie saam met die feit dat die kampus moet lyk soos ‘n dorp voor die verkiesing van die landspresident nie. Ek is dalk die enigste een wat so voel maar as ek kyk na die hoeveelheid studente wat wel op kampus is en dat net ‘n klein deeltjie tog gestem het, kan dit dalk afgelei word dat daar ‘n ander metode moet gevolg word.
Ek studeer op Kovsies om ‘n graad te kry en om ‘n beter toekoms vir myself en my nageslag te gee, nie om ‘n politieke standpunt te bereik nie.
Tuesday, July 31, 2007
verlange
maar wat gebeur as jy tog sy stem weer hoor? 'n sms of 'n foto? wat gebeur as jy vir net 'n oomblik vergeet om daardie muur op die regte oomblik of die regte tyd neer te gooi? breek jy stelselmatig oop of is dit soos 'n vloed wat geen einde ken nie?
ek probeer hard om die lewe te verstaan. om dit in 'n boksie te plaas sodat ek af en toe daarin kan loer en net besef, dat dit is wat ek al gedoen het. dis my lewe, my gedagtes, my toekoms...
maar wie is ek, 'n individueel van die massas, om te sê dat ek die lewe wil verstaan of altans maak of ek doen?
Friday, July 27, 2007
Waarheen is ons oppad?

Tuesday, May 22, 2007
Familie, mans en stres
waar begin mens nou eintlik met 'n onderwerp soos hierdie? ek kan kla en moan tot dit by my ore uitloop, maar wie gee om? wie gee nou eintlik om of jou familie jou teen die mure uitdryf dat jy van jou kop af wil raak. want, môre is als weer oraid en ek het iets anders om oor te kla. wie gaan iets te sê hê oor jou wat nagte om wakker lê omdat die stres bo die rooi by jou lê en dat ek nie meer weet watter kant toe nie? Sê my, wie gee om dat die liefde van jou lewe onbewus 'n hengse klomp druk op jou plaas oor 'n gatgier wat hy het?
Dan gaan sit ek vir 'n oomblik en maak my oë toe en besef dat my familie is lief vir my al het ek my moodswings, al haal ek dit op hulle uit as ek nie kan slaap nie. al raak ek kwaad oor iets wat eintlik my eie skuld is.
ek herhinner myself dat die stres hanteerbaar is en dat ek al uit snaakse situasies gekom het.
Ek onthou al die dinge wat al vir my gedoen is en vergeet van als wat ek moet opoffer vir iemand wat ek lief is. fine, hy wil weg. ek ook. ek het net meer tyd as hy nodig. ek moet eers seker wees en vrede in myself vind. ek moet oor my vrese kom en braaf genoeg wees om die water te toets. anders sal ek nooit weet nie, sal ek.
Almal is onseker oor hulle toekoms en ek moet net leer om rustigheid te kry oor die feit dat ek wel nooit regtig sal weet wat môre gaan gebeur nie.
Al wat mens dan kan doen is om jou hand in Mister God s'n te sit, te glo en weet dat hy jou na die regte plek lei.
Thursday, May 10, 2007
Dumela tsala
Soms wonder ek wat my besiel om dinge aan tepak en mee te help as ek skaars tyd het om na myself te kyk. so, hoe werk dit nou? my daaglikse lewe het so eenvoudig gelyk en ek het actually in die begin van die jaar gedink "nee, wat dit sal oraid wees" begin van verlede kwartaal se druk "nee, wat ek maak dit nog tot sover", maar nou? voel vir my dat nie saak maak hoe ver ek vooruit werk nie, ek bly net agter. dinge wat ek dalk vir 'n dag agter laat, kruip dan op ek byt my aan my hakskene. ek is seker dat ek die afgelope tyd harder werk as wat ek in my eerste 2 jaar saam gewerk het.
ja, ek dink kaas sal goed gaan met die whine.
Tog sal ek net vir 'n oomblik iewers gaan sit, half weggekruip sodat niemand my kan steur nie. ek sit met my rug teen die muur, musiek in my ore, maak my oe toe en haal asem. Rustig. ontspanne. dink niks. sit net. ek lewe vir daai tydjies, want die lewe hardloop verby my en as ek myself kry wens ek self die semester net om sodat ek net verder kan rond spring. ek lewe vir daai half uur wat my dag net vir 'n tydjie kan gaan stil staan en ek net kan besef, ek sal dit maak. deur dit als, deur die gejaag, die trane (ja ek het al gaan wegkruip en huil soos 'n kind), frustrasie, irritasie... is dit die moeite werd en sal ek lewendig aan die anderkant uitkom.
ek probeer dit net met styl doen en so lank die mense om my net dink dat ek kalm is. wyse woorde is aan my gegee: "if you can fake it, you can make it."
ek moet alweer hol. het werk wat wag.
cheers
praat weer, al gaan dit 'n tydjie wees, ek sal nie vergeet nie...
Friday, May 4, 2007
Tuesday, April 17, 2007
By voorbaat
daarom wil ek by voorbaat se, dat ek nou, vir eers net 'n tydjie gaan wegbly, want my akademie vir die semester moet nou eers afgehandel word. ek weet dis vreemd vir my om dit te se, want ek is die laaste mens wat enigsins akademie voor iets te sit, maar in die geval is dit wel nodig.
die eksamen roosters is ook uit, so die druk raak nou maar hoog...
Dis waar tyd vir my in kom. soms voel die dae so lank, veral as jy vir 'n lank tyd nie vriende gesien het nie of jou geliefde mis. dan kan dit mos voel asof jy doelbewus uitgetart word. dan is daar weer ander kere, soos deesdae met my, dat jy nie kan verstaan waarheen jou dag is nie (gister het ek myne voor die tv deurgebring - krieket gekyk), maar voor jy jou oe uit vee, is die dag om en jy is so moeg dat jy skaars jou oe kan oophou.
ek is jammer as ek effe morbied voorkom, maar ek is. ek is moeg en gatvol en teleurgestel.
wel, laat ek gaan. het 'n klas wat wag vir my en ek moet seker vir 'n slag produktief by die werk verkeer.
mwah!
Thursday, April 12, 2007
En ek is terug
in my pyplyn was daar altyd duisende opsies, maar eergister al oorweeg ek dit om twee honeursgrade in een jaar te doen. dis bietjie hectic, ek weet, maar ek weet ek kan dit doen. ek is in staat om dit te doen. so, vandag gaan ek na Prof van Coller om te hoor wat my punte moet wees om toestemming te kry vir dit. (kla uitgevind dat dit moontlik is) ek is heel opgewonde en dis iets waarvoor ek die heeltyd wag as ek oor volgende jaar dink.
oja, voor ek gaan, wat ek wil doen is Hons in Afrikaans-en-Nederlands en Hons in Taalstudie.
ek sal moet gaan, is amper laat vir werk!
Mwahmwah!
Monday, March 26, 2007
ja, ek is verveeld...

Afdeling A: net gewone vrae
- Hoe het jy van die alien space ship ontsnap?
- Was is ‘n tipiese dag in die lewe van jou woordeboek?
- Wat is ‘n tipiese dag in die lewe van jou skoene?
- As jy in die middel van die nag wakker word, wat is die eerste ding waaraan jy dink?
- Wat is jou geheime agentnaam? (eerste troeteldier se naam + ma se nooiensvan)
- Wat is jou gunsteling manier om ‘n vlieg te eet?
- Hoe voel jy as jy vir 24uur konstant TV gekyk het of agter die rekenaar gesit het?
- Watter kleur is ‘n verkleur mannetjie?
- Sal jy ooit jou ma se rok na ‘n seuns hoërskool toe dra?
- As jy ‘n kleur was, watter kleur sou dit wees en hoekom
Afdeling B: Noem 2 goed
- Noem 2 dinge wat waar is van jou, maar nie stereotipies waar van een of ander groep waaraan jy behoort nie.
- Noem 2 vreemde talente wat jy het
- Noem 2 vreemde swakhede wat jy het.
- Noem 2 vreemde dinge waarna jy uitsien of graag wil doen.
- Noem 2 woorde wat jy meer as ander gebruik.
- Noem 2 buitengewone gewoontes wat jy het.
- Noem 2 kossoorte waarvan ander hou, maar nie jy nie.
- Noem 2 karakters wat jy sou wees in enige animasie fliek.
- Noem 2 redes hoekom jou neusgate rek as jy gaap.
- Noem 2 goed wat jy saam met jou roomys sal eet.
Afdeling C: Verduidelikings of vertel
- Gee ‘n stap-vir-stap verduideliking van hoe ‘n mens ‘n toffieappel eet.
- Beskryf die monster onder jou bed.
- Vertel ‘n grappie
- Verduidelik hoe Vader Kersfees deur ‘n skoorsteen kan kom.
- Gee ‘n verduideliking van wat die hasie maak as dit nie paasfees is nie.
- Gee ‘n kort beskrywing van jou weirdste dag.
- Gee ‘n stap-vir-stap verduideliking hoe mens modderkoekies bak.
- Beskryf die feetjie agter jou oor.
- Vertel ‘n knock-knock grappie
- Beskryf die eerste ding waaraan jy dink.
Afdeling D: Voltooi vrae
- My grootste verleentheid ooit is…
- As ek alleen is, doen ek…
- Een van my drome wat bewaarheid is, is…
- Musiek waarna ek glad nie wil of kan luister nie, is…
- My gunsteling Afrikaanse liedjie is…
- Ek wonder of…
- Tot my verbasing…
- Eendag gaan ek…
- Gister was net…
- Laat ek julle nou iets vertel…
Afdeling E: 2 keuses, kies 1
- Wat sal jy eerder soen? ‘n krokodil of ‘n beer?
- Wat verkies jy: Raap gegeurde stokkielekker of ‘n Boesman beentjie deur jou neus?
- Wat sal jy eerder wil wen: ‘n deurskynende trampolene met ‘n spieel onder of ‘n 5 dag bootreis op ‘n visdam?
- Waar sal jy eerder skinny dip: in die see vol haaie of in die dominee se swembad?
- Wat is vir jou die aantreklikste: ‘n Mullet of ‘n voortrekkerkappie?
- Wat sal jy eerder bywoon: ‘n 2uur vertoning van hoe bye heuning maak of na ‘n 2uur seminaar oor die regte van ‘n mier?
- Wat is die beste geselskap: ‘n VVV met 6 oë, 2 neuse, en lang voete of ‘n likewaan met spinasie tussen sy tande?
- Wat is erger: ‘n ertjie wat huil of ‘n splinter in ‘n tandestokkie se oog?
- Wat sou jy makliker kan aanvaar: Koos Kombuis wat ballet doen of dat Trevor Manual nie kan tel nie?
Friday, March 23, 2007
hiermee groet ek

amazing

Thursday, March 22, 2007
titelloos
so vandag is een van daai dae wat ek gaan se wat in die lugleegte van my inval:
nog niks
jammer ek sit nog
nah!
wag, ek wou gister dit vertel het...
ek het die eendag so email gekry wat ek weereens vir almal gestuur het. iets wat hulle oor jou moet invul. ek het eintlik verwag dat ek niks gaan terug kry nie, maar tot my verbasing het ek. ek het al paar dae deur gegaan met die idee dat ek net rondfladder in die wereld. met geen doel vir my lewe nie. ek is net ongelukig een van daai mense wat per toeval hier is.
maar dat kry ek 'n email van mense wat ek jare laas gesien het en hulle vertel my goed wat iets vir hulle beteken het wat ek nie eers kon onthou nie. (natuurlik toe ek dit lees, kry ek so 'n vaal prentjie in my gedagtes). hulle het 'n deel van my raak gesien wie ek graag wil wees, maar soms sukkel om te wees.
ek was gelyk opgewonde en skaam, want tot my verbasing onthou ek nie alles nie al wens ek dat ek kon. Want elke oomblik wat ek saam met elkeen wat deel is van my lewe is so spesiaal vir my dat ek dit alles wil onthou. elke gevoel, elke gedagte, elke reuk. maar ek kan nie.
dis net goed om te weet dat daar mense is wat aan iets anders vasklou en meeste van die tyd net so hard soos jy, want op 'n manier, sonder dat jy dit besef, beteken jy net so baie vir daai persoon soos hy/sy vir jou.
en ek weet ek praat nou net van myself alweer, maar dit geld nie net vir my nie. vir elkeen wat soms voel asof almal jou vergeet het en dat jy nie 'n plekkie in die son het nie, daar sal altyd iemand uit jou verlede na vore kom, wat bietjie in die skaduwee sal staan sodat jy ook 'n tan kan kry.
Tuesday, March 20, 2007
moeg

Was daar sl tye dat jy so moeg is dat dit net voel asof die dag verby kruip, want jy weet dat, sodra jy by die huis kom gaan jy slaap? maar vandag is weer een van daai dae wat jy twee semestertoetse skryf en jy net vir een geleer het en waar jy op kampus moet bly tot jy 19:00 klaar toets geskryf het. vandag is jou derde dag van 'n detox diet van 2 weke en jy is so honger dat jy amper tydens jou eerste toets flou geword het. net jammer dat dit nie gebeur het nie, want nou moet jy nog die 2e een gaan skryf.
"sug"
maar daar is tog hoop vir my. ek weet meer van sintaksis as sommige ander mede studente. my vakansie is 'n klipgooi weg alhoewel ek dan eers 'n week later huis toe gaan. ek kry free G5 behandeling, ek sien vir tiaan vannaand... maar ek bly moeg en ek is nie so seker of ek dit gaan haal tot 10uur nadat ek my groenboontjies, 2 eiers en tamatieslaai vir middagete geeet het nie.
Friday, March 16, 2007
It's the weekeeeeeeeeend, baby
en nou het ek my draad verloor... ek het vandag heeloggend gedink wat ek vandag kan kwyt raak, maar nou is als met die wind weg.
Daarom dink ek dat ek dit maar so gaan laat. netnou werk dinge nie uit soos ek beplan het nie.
Mwah!
Thursday, March 15, 2007
Verslaaf
tog is daar by tye wat ek dan net sal sit en dink. gewoontlik behels dit 'n foto album en ek blaai daardeur en dan wil ek net begin tjank, want wat het geword van die "forever friends"? hoekom het Mr B tussen julle gekom?
Wednesday, March 14, 2007
kovsies vs maties


Maar toe begin die ander ding by my spook: hoekom mis ek Stellenbosch nie meer so baie nie en weereens loop ek teen goed vas omdat my gedagtes met my spook en ek besef dat die rede vir my te kort aan verlange van die bos is dat dit nie Kovsies is nie.
dit maak nie sin nie, maar ek is oortuig daarvan dat ek die beste gehad het van albei Universiteite. ek geniet dit verskriklik hier, maar tog is daar dae wat my gedagtes terug sweef na die berge en die see en natuurlik die Neelsie.
ek is bang om afskeid te neem van iets wat my tuiste geword het en ja, ek wil dit nie erken nie, maar ek kan actually deesdae die dorre Vrystaat my huis noem.
Wild Fluttering Fairy
Tuesday, March 13, 2007
skool

ek het nooit gedink dat ek dit sou se nie, maar ek mis dit soms. meer die mense. tog nie wie hulle nou is nie, maar wie hulle was. daar is nog so paar van my skooldae met wie ek in kontak gebly het, en hulle is great en mis hulle elke dag net meer en meer. ek dink 'n ding wat 'n groot verskil maar is dat mens uitmekaar groei.
ek weet onderwysers is ook iemand wat jy wil vergeet, maar ek wonder soms wat juf Piet die afgelope tyd doen. orffer?
die weirdste ding vir my, maar ook die lekkerste, is wanneer ek iemand hier by Kovsies raakloop wat actually van my skool is. dan eers begin ek besef hoe baie ek die plek mis. hoe baie ek graag ek oor dinge wil praat wat ek aangevang het en die wonderlike tye wat gedeel is met verskillende mense.
dis sulke tye dat ek wens dat ek nooit die tyd so omgewens het nie, want kyk waar sit ek nou, 22, in Bloemfontein, met my hart iewers in die lug, want ek besef dat ek nie weg van springbok gegroei het nie, maar daar springbok my ontgroei het.
groete
fairy
Ek moet iewers begin

ek HAAT spelreels, so as ek te min paragrawe gebruik en dit pla jou, jou probleem.
help maar waar jy kan. ek is nog jonk, so die boom kan nog effe buig.
wel, ek moet gaan het 'n aspraak met 'n prof oor my toekoms...
cheers
wild