Ek moet eintlik verban word om te skryf as ek voel soos ek nou voel. Ek het eintlik werk om te doen. Ek het vandag vir my werk van die huis af gebring en ek moet die webblad klaar maak. Maar ek staar liewer na die rekenaar asof ek eintlik hoop dat dit binnekort in my gesig gaan ontplof.Op die stadium sien ek myself net in vandag. Ek sien myself nie môre iets doen nie. Ook nie oor 'n paar dae, weke, maande of jaar nie. Ek het geen plan nie, niks om na uit te sien nie. Vandag voel dit vir my of ek tot dusver iemand anders se lewe betree het en dat die een wat nou hier sit vandag besluit het om uit te kom. Die een wat ek eintlik so ver probeer weg steek, want dis die een wat niemand wil ken nie en die een met wie niemand praat nie.
Ek bestuur nie meer met 'n savety belt nie. Ek kyk nie meer of die trein kom nie. Ek kyk ook nie meer hoe vinnig ek om 'n draai ry nie. Ek vergeet ook om die huis se deure te sluit... of is dit ook aspris?

