Wednesday, March 14, 2007

kovsies vs maties




met interver wat die naweek voor ons le, stap ek vanoggend na die kampus en ek wonder so by myself wat ek die meeste haat van Kovsies. na 'n lang gedink en met my, and I quote, "hamster wat vinnig in sy wielletjie hardloop", besef ek dat ek haat dit dat dit nie Maties is nie.

Maar toe begin die ander ding by my spook: hoekom mis ek Stellenbosch nie meer so baie nie en weereens loop ek teen goed vas omdat my gedagtes met my spook en ek besef dat die rede vir my te kort aan verlange van die bos is dat dit nie Kovsies is nie.

dit maak nie sin nie, maar ek is oortuig daarvan dat ek die beste gehad het van albei Universiteite. ek geniet dit verskriklik hier, maar tog is daar dae wat my gedagtes terug sweef na die berge en die see en natuurlik die Neelsie.

ek is bang om afskeid te neem van iets wat my tuiste geword het en ja, ek wil dit nie erken nie, maar ek kan actually deesdae die dorre Vrystaat my huis noem.
maar my goeiste, ek mis die see!

Wild Fluttering Fairy

1 comment:

miss maree said...

Hi, daais hoog verraad! ek meen eenkeer `n matie altyd `n matie dan nie?

Ek grap net, ek van alle mense behoort te weet hoe dit is om van een plek na `n ander oor te plant en dis moeilik. Daar is altyd daai iets wat terug verlang na wat was en dan is daar mos nou natuurlik die hier en nou. Ek weet dis partykeer omtrent `n stryd in en met jouself. Nostalgie is `n snaakse ding mens onthou net altyd die mooi en die wat was, en ons vergeet alte maklik van aldie goor ou goedjies.

Ag, maar dis hoe dit is. Jy kan niks daaraan verander nie. Anyway sis okei om te verlang na wat was solank `n mens net onthou van wat hier en nou is en dat dit heel moontlik baie beter kan wees as enige iets wat in die verlede is.

Ek persoonlik leef maar van dag tot dag want, want elke lekker dag kan dan later in my mooi boks vol herhinneringe kom wat ek dan later op dae wat nie so lekkers is kan uit pak om my op te kikker.

En net om te verklaar ek bedoel nou nie `n letterlike boks ek praat van my geheue. Daars niks beters as om daai geheue boks uit te pak en terug te dink aan lekker tye of hoe?

Wel arie warrie

Merryme