Tuesday, May 22, 2007

Familie, mans en stres

Goeie dag.
waar begin mens nou eintlik met 'n onderwerp soos hierdie? ek kan kla en moan tot dit by my ore uitloop, maar wie gee om? wie gee nou eintlik om of jou familie jou teen die mure uitdryf dat jy van jou kop af wil raak. want, môre is als weer oraid en ek het iets anders om oor te kla. wie gaan iets te sê hê oor jou wat nagte om wakker lê omdat die stres bo die rooi by jou lê en dat ek nie meer weet watter kant toe nie? Sê my, wie gee om dat die liefde van jou lewe onbewus 'n hengse klomp druk op jou plaas oor 'n gatgier wat hy het?
Dan gaan sit ek vir 'n oomblik en maak my oë toe en besef dat my familie is lief vir my al het ek my moodswings, al haal ek dit op hulle uit as ek nie kan slaap nie. al raak ek kwaad oor iets wat eintlik my eie skuld is.
ek herhinner myself dat die stres hanteerbaar is en dat ek al uit snaakse situasies gekom het.
Ek onthou al die dinge wat al vir my gedoen is en vergeet van als wat ek moet opoffer vir iemand wat ek lief is. fine, hy wil weg. ek ook. ek het net meer tyd as hy nodig. ek moet eers seker wees en vrede in myself vind. ek moet oor my vrese kom en braaf genoeg wees om die water te toets. anders sal ek nooit weet nie, sal ek.
Almal is onseker oor hulle toekoms en ek moet net leer om rustigheid te kry oor die feit dat ek wel nooit regtig sal weet wat môre gaan gebeur nie.
Al wat mens dan kan doen is om jou hand in Mister God s'n te sit, te glo en weet dat hy jou na die regte plek lei.

No comments: