Thursday, March 22, 2007

titelloos

Dis hoe ek vandag voel -loos. doelloos. stresloos. gedagteloos. kosloos. lusteloos. vlekloos.... oja, en prentloos!
so vandag is een van daai dae wat ek gaan se wat in die lugleegte van my inval:




nog niks



jammer ek sit nog


nah!


wag, ek wou gister dit vertel het...
ek het die eendag so email gekry wat ek weereens vir almal gestuur het. iets wat hulle oor jou moet invul. ek het eintlik verwag dat ek niks gaan terug kry nie, maar tot my verbasing het ek. ek het al paar dae deur gegaan met die idee dat ek net rondfladder in die wereld. met geen doel vir my lewe nie. ek is net ongelukig een van daai mense wat per toeval hier is.
maar dat kry ek 'n email van mense wat ek jare laas gesien het en hulle vertel my goed wat iets vir hulle beteken het wat ek nie eers kon onthou nie. (natuurlik toe ek dit lees, kry ek so 'n vaal prentjie in my gedagtes). hulle het 'n deel van my raak gesien wie ek graag wil wees, maar soms sukkel om te wees.
ek was gelyk opgewonde en skaam, want tot my verbasing onthou ek nie alles nie al wens ek dat ek kon. Want elke oomblik wat ek saam met elkeen wat deel is van my lewe is so spesiaal vir my dat ek dit alles wil onthou. elke gevoel, elke gedagte, elke reuk. maar ek kan nie.
dis net goed om te weet dat daar mense is wat aan iets anders vasklou en meeste van die tyd net so hard soos jy, want op 'n manier, sonder dat jy dit besef, beteken jy net so baie vir daai persoon soos hy/sy vir jou.
en ek weet ek praat nou net van myself alweer, maar dit geld nie net vir my nie. vir elkeen wat soms voel asof almal jou vergeet het en dat jy nie 'n plekkie in die son het nie, daar sal altyd iemand uit jou verlede na vore kom, wat bietjie in die skaduwee sal staan sodat jy ook 'n tan kan kry.

No comments: