Friday, July 27, 2007

Waarheen is ons oppad?


Ek weet nie hoe lank ek vandag sal kan skryf nie, my tyd is maar beperk. ek weet ek is die afgelope tyd baie skaars en ek is jammer daaoor. is maar besig en ek moet begin besluit oor my toekoms. maar het ek werklik 'n toekoms? ek sal kan beplan en uitsien en praat daaroor, maar wie is ek om presies te kan sê wat die lewe vir my inhou.

daar was die afgelope 2 dae optogte in bloemfontein. woensdag was dit blanke studente van die universiteit wat protes teen die gedwonge integrasie in koshuise. om die anders te stel... ons het mos "kultuurkoshuise" wat beteken dat die verskillende rasse geskei word in die woonareas. en nou wil die regering die koshuise meng. ek het daai dag by gestaan, bllot uit nuuskierigheid en die studente het plakate gehad soos "gedwonge integrasie = rassisme" "moenie terugbaklei nie, slaan eerste" en hulle het onderandere geskree: "Red die volk!" nou my vraag is, wat is so erg daaraan om saam met iemand in 'n koshuis te bly wat nie jou kultuur of velkleur deel nie? daai optog, daai plakate en krete het my skaam gemaak om myself 'n Afrikaner te noem. moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het self my issues waarmee ek nie saam stem nie, bv dat dit wel nie reg is om die proses af te dwing nie, maar dit kon defnitief ander benader word, want deur dit het hulle alles net erger gemaak.

Die ander optog was gister by die tegnikon. swart studente het gestaak oor klasgelde...alweer. die mense wat die klasse binne gegaan het is geslaan, vensters is gebreek en die dtudente het die parkering met blandblussers gespuit. ek ken nie veel hiervan sê nie, want ek was nie self daar nie, maar wat help dit? hulle gaan tien teen een hulle sin kry en die arme belasting betalers gaan net meer moet uithaal, want daar was geweld.

Maar hoekom as mense iets meer subtiel doen, dan word dit geweier? moet elke Suid-Afrikaner nou maar moor en breek om sy of haar sin te kry. en hier onderskei ek nou nie tussen rasse nie. ek verstaan net nie meer nie. so ver ek weet, so ver ek geleer het is die westerse kultuur meer individualisties waar die afrika kultuur meer fokus op groepe. tog blyk dit vir my dat elkeen van ons net al hoe meer selfsugtig raak en nie omgee oor die een wat aan die ander kant van die tou staan nie.

Waarheen is ons wonderlike reënboog land oppad met al die korrupsie, rasisme wat nooit einde kry nie, die geweld...

Die 2 optogte het my laat wonder waarvoor 'n tersiêre opleidings fasiliteit daar is. om mense te onderrig sodat almal ewentueel kan saam staan om die land te red of is dit 'n kweekplek vir politiek sodat die vrugbare land net verder uitmekaar geskeur kan word?

No comments: