
Afdeling A: net gewone vrae
- Hoe het jy van die alien space ship ontsnap?
- Was is ‘n tipiese dag in die lewe van jou woordeboek?
- Wat is ‘n tipiese dag in die lewe van jou skoene?
- As jy in die middel van die nag wakker word, wat is die eerste ding waaraan jy dink?
- Wat is jou geheime agentnaam? (eerste troeteldier se naam + ma se nooiensvan)
- Wat is jou gunsteling manier om ‘n vlieg te eet?
- Hoe voel jy as jy vir 24uur konstant TV gekyk het of agter die rekenaar gesit het?
- Watter kleur is ‘n verkleur mannetjie?
- Sal jy ooit jou ma se rok na ‘n seuns hoërskool toe dra?
- As jy ‘n kleur was, watter kleur sou dit wees en hoekom
Afdeling B: Noem 2 goed
- Noem 2 dinge wat waar is van jou, maar nie stereotipies waar van een of ander groep waaraan jy behoort nie.
- Noem 2 vreemde talente wat jy het
- Noem 2 vreemde swakhede wat jy het.
- Noem 2 vreemde dinge waarna jy uitsien of graag wil doen.
- Noem 2 woorde wat jy meer as ander gebruik.
- Noem 2 buitengewone gewoontes wat jy het.
- Noem 2 kossoorte waarvan ander hou, maar nie jy nie.
- Noem 2 karakters wat jy sou wees in enige animasie fliek.
- Noem 2 redes hoekom jou neusgate rek as jy gaap.
- Noem 2 goed wat jy saam met jou roomys sal eet.
Afdeling C: Verduidelikings of vertel
- Gee ‘n stap-vir-stap verduideliking van hoe ‘n mens ‘n toffieappel eet.
- Beskryf die monster onder jou bed.
- Vertel ‘n grappie
- Verduidelik hoe Vader Kersfees deur ‘n skoorsteen kan kom.
- Gee ‘n verduideliking van wat die hasie maak as dit nie paasfees is nie.
- Gee ‘n kort beskrywing van jou weirdste dag.
- Gee ‘n stap-vir-stap verduideliking hoe mens modderkoekies bak.
- Beskryf die feetjie agter jou oor.
- Vertel ‘n knock-knock grappie
- Beskryf die eerste ding waaraan jy dink.
Afdeling D: Voltooi vrae
- My grootste verleentheid ooit is…
- As ek alleen is, doen ek…
- Een van my drome wat bewaarheid is, is…
- Musiek waarna ek glad nie wil of kan luister nie, is…
- My gunsteling Afrikaanse liedjie is…
- Ek wonder of…
- Tot my verbasing…
- Eendag gaan ek…
- Gister was net…
- Laat ek julle nou iets vertel…
Afdeling E: 2 keuses, kies 1
- Wat sal jy eerder soen? ‘n krokodil of ‘n beer?
- Wat verkies jy: Raap gegeurde stokkielekker of ‘n Boesman beentjie deur jou neus?
- Wat sal jy eerder wil wen: ‘n deurskynende trampolene met ‘n spieel onder of ‘n 5 dag bootreis op ‘n visdam?
- Waar sal jy eerder skinny dip: in die see vol haaie of in die dominee se swembad?
- Wat is vir jou die aantreklikste: ‘n Mullet of ‘n voortrekkerkappie?
- Wat sal jy eerder bywoon: ‘n 2uur vertoning van hoe bye heuning maak of na ‘n 2uur seminaar oor die regte van ‘n mier?
- Wat is die beste geselskap: ‘n VVV met 6 oë, 2 neuse, en lang voete of ‘n likewaan met spinasie tussen sy tande?
- Wat is erger: ‘n ertjie wat huil of ‘n splinter in ‘n tandestokkie se oog?
- Wat sou jy makliker kan aanvaar: Koos Kombuis wat ballet doen of dat Trevor Manual nie kan tel nie?
1 comment:
Hi, terwyl jy so verveeld is dink `n bietjie aan my is vrek besig en gaan wees vir die volgende paar weke. daar is nie eers sprake van `n vakansie nie. Dit gaan net weerk werk werk wees.
Hoop jy geniet jou vakansie.
O,ja ek skryf vanaand toets wish me luck ek gaan dit so nodig hê.
lotsa luv
Post a Comment