
Dit gebeur soms dat daar mense is wat my baie fasineer. dit gebeur regtig eintlik baie. ek sal vir ure op my eie kan sit en net mense dop hou. hoe hulle stap, hoe hulle met ander praat en hoe hulle lyftaal is.
ek weet ook nou nie eintlik veel van lyftaal nie, maar ek vergelyk dit met hoe ek is. en ja, ek het sekere dinge al begin raak sien. dis regtig vreemd om te sien dat jy nie die enigste een is wat afkyk na die grond en jou hare agter jou oor in druk (al is dit daar) as jy effe skaam kry nie. dat jy nie alleen is as vrolikheid uit jou gesig straal as jy iemand weer na 'n lang tyd sien nie. almal staan nader aan iemand as jy omgee vir die persoon en verder as julle nie veel in gemeen het nie...
daar is 'n ou saam met wie ek van verlede jaar saam klas het. ek weet sommer hy sal wil annoniem bly...
die eerste keer wat ek hom gesien het, het ek nogal begin oplet dat hy bietjie anders is en dat daar dieper dinge aan hom is as sy metal look. maar tog is dit eers die jaar dat ek hom leer ken het.
ek is elke oggend vroeg op kampus en dit was nou al twee keer dat ek hom voor die labs kry. dan sit en chat ons maar oor enige iets. dis lekker om dit soms te doen. net aan te babbel en dat iemand actually iets terug te se het.
dis eers gister wat ek gesien het hoe fasinerend hy regtig is. hy het ongelooflike mooi oe en hy bekyk mense se auras...
maar ag...
dis jammer dat mens soms so gewoont raak aan mense en hoe hulle is, dat jy nie meer hul magic sien wat hul onderskei van die res nie. en ja, almal het dit. al voel jy hoe down en al is jou hart in duisende stukke gebreek, besef net: "You're not dust, you're magic"
No comments:
Post a Comment