Thursday, April 12, 2007

En ek is terug

Soos elke jaar en soos elke kwartaal het ek die motiveringsgevoel. "die kwartaal doen ek dit anders", maar op een of ander manier gebeur dit dat ek op een of ander manier daai gevoel verloor en net niks doen nie. wat vir my vreemd is, is dat ek nou al by die 3e dag van die kwartaal en die gevoel dat ek my werk vinnig op datum moet kry, is nog nie weg nie. en ek het actually 2 dae terug al begin doen aan my agterstand in my sielkunde. ek het so idee dat ek actually my motivering gekry het, want tot dusver het ek net gedink dat ek net hier is om klaar te maak, maak nie saak hoe die punte lyk nie, maar deesdae is dit anders. dis asof ek nou kan se dat ek vir seker kan weet wat ek volgende jaar gaan doen. en snaaks genoeg en voel nie eers bietjie onseker daaroor nie.
in my pyplyn was daar altyd duisende opsies, maar eergister al oorweeg ek dit om twee honeursgrade in een jaar te doen. dis bietjie hectic, ek weet, maar ek weet ek kan dit doen. ek is in staat om dit te doen. so, vandag gaan ek na Prof van Coller om te hoor wat my punte moet wees om toestemming te kry vir dit. (kla uitgevind dat dit moontlik is) ek is heel opgewonde en dis iets waarvoor ek die heeltyd wag as ek oor volgende jaar dink.
oja, voor ek gaan, wat ek wil doen is Hons in Afrikaans-en-Nederlands en Hons in Taalstudie.
ek sal moet gaan, is amper laat vir werk!
Mwahmwah!

No comments: