Monday, May 31, 2010

Don't mind me



ek soek eintlik net 'n plek om te skree, want ek dink nie mense gaan dit waardeer as ek in die gang staan en my beste Namakwalands uithaal nie.

DIE %$#@! MENSE! WIE DINK HULLE IS HULLE? HULLE IS *&%# AGTERAF KOMIN %$# EN HOE KAN HULLE %$@#@! GLO DAT HULLE ^$^&&$#@ DAARMEE KAN WEGKOM. HULLE HET NET &^%$# VOORRAAD BESTEL EN ^%@@#% NIKS VERKOOP NIE. NOU IS DIE $%$@#$ GOED VERBY HULLE VERVAL DATUM EN NOU SIT HULLE BY DIE ^%$@@!$% DEPARTEMENT ARBEID EN WIL BY ONS &^#@$^% PLAK. HULLE IS &^&&$#@#$^ EN EK HOOP ^^$@##$^%*&^ DAT HULLE NET %$#@! EN KLAAR KRY.

&%#$ %$@ *&@#^ %%$*&


Ek kan eintlik bly wees dat ek nie vandag my bloeddruk laat neem nie. Hulle sal my defnitief moet inspuit.

Dose! Ag, askies, %#@^!

Thursday, May 13, 2010

Die cherry op die koek of anders om?



Op die stadium het ek 'n catchy titel en 'n snazy prentjie.

En dis dit.

Ek wens ek het meer gehad as net dit. Wens ek was 'n bietjie slimmer, 'n bietjie gesonder, 'n bietjie mooier. Wens ek kon elke dag vir elkeen 'n glimlag op hulle gesig sit en ek wens ek kon elkeen verstaan. Ek wens ek het bietjie meer geduld gehad en bietjie meer hoop dat als op die ou end beter gaan wees.

Maar wie is ek dan?

Sal ek dan beter kan verstaan hoekom goed net moet verander en dat ek op die ou end net alleen in 'n koue kantoor gaan sit. Gaan ek dan begrip hê oor goed wat ek reeds nie ontleed? Gaan ek kan weet hoekom mense 'n telefoon in my oor neer sit en net aanvaar dat ek die een is wat vol kak is?

Of sal ek dit beter kan hanteer?