Friday, March 23, 2007

hiermee groet ek


dit sal nou die laaste inskywing wees. nie net vir die kwartaal nie, maar ook die einde van die maand.
ek het dit oorweeg om dalk tydens die week wat ek in bloem gaan bly dalk kampus toe te kom om aan die ding te werk, maar ek dink dit lyk oraid nou. sal dit weer verander wanneer die gevoel kom.
my vakansie begin oor 24 min en ek kan nie wag nie. dink regtig ek het dit nodig. hoop ek kan springbok sien die vakansie asook die mense wie ek so baie verlang. sal nog eers moet sien of ek tiaan se arm kan draai.
-help!-
wel, wat ek die naweek gaan maak weet ek nog nie so mooi nie, maar dink ek sal vannaand by die huis bly, lelani gaan, volgens beplanning, 'n ou 'n full body wax gee, en dit my mense, mag dalk weird klink, maar ek wil dit nie mis nie.
hiermee groet ek dan. tot later.
cheers, check jou woensdag by die boom!
mwah!

No comments: