Thursday, May 10, 2007

Dumela tsala

Soms wonder ek wat my besiel om dinge aan tepak en mee te help as ek skaars tyd het om na myself te kyk. so, hoe werk dit nou? my daaglikse lewe het so eenvoudig gelyk en ek het actually in die begin van die jaar gedink "nee, wat dit sal oraid wees" begin van verlede kwartaal se druk "nee, wat ek maak dit nog tot sover", maar nou? voel vir my dat nie saak maak hoe ver ek vooruit werk nie, ek bly net agter. dinge wat ek dalk vir 'n dag agter laat, kruip dan op ek byt my aan my hakskene. ek is seker dat ek die afgelope tyd harder werk as wat ek in my eerste 2 jaar saam gewerk het.

ja, ek dink kaas sal goed gaan met die whine.

Tog sal ek net vir 'n oomblik iewers gaan sit, half weggekruip sodat niemand my kan steur nie. ek sit met my rug teen die muur, musiek in my ore, maak my oe toe en haal asem. Rustig. ontspanne. dink niks. sit net. ek lewe vir daai tydjies, want die lewe hardloop verby my en as ek myself kry wens ek self die semester net om sodat ek net verder kan rond spring. ek lewe vir daai half uur wat my dag net vir 'n tydjie kan gaan stil staan en ek net kan besef, ek sal dit maak. deur dit als, deur die gejaag, die trane (ja ek het al gaan wegkruip en huil soos 'n kind), frustrasie, irritasie... is dit die moeite werd en sal ek lewendig aan die anderkant uitkom.

ek probeer dit net met styl doen en so lank die mense om my net dink dat ek kalm is. wyse woorde is aan my gegee: "if you can fake it, you can make it."

ek moet alweer hol. het werk wat wag.

cheers

praat weer, al gaan dit 'n tydjie wees, ek sal nie vergeet nie...

No comments: