Thursday, March 15, 2007

Verslaaf

Hello, ek is Wild Fluttering Fairy en ek is verslaaf aan blogging!

Sjoe, met dit van my bors af.....
Goeie dag mense! ek hoop dat jy lekker gerus het en dat jy meer voorberied was vir die dag as wat ek was. natuurlik is dit 'n goeie ding dat ek die jaar actually meer klas by woon, maar dis net omdat ek elke dag op kampus moet wees vir werk. maar wat is my onderwerp nou weer vandag? oja, verslaaf...
ek het nou die dag sielkunde geskryf en ons het in die spesifieke deel net so aan verslawing geraak. dis nogal weird dat mense eintlik sulke goed sal doen. dis seker die grootste rede hoekom ek nooit aan sulke goed sal verslaaf raak nie, want met die sielkunde en goed weet ek wat die gevare is van drank, dwelm, nikotien, anoreksia, bulimia, en, en, en... ek sukkel nog met die koffie wat seliluut gee.
Maar gisteraand besef ek toe dat ek verslaaf raak aan mense. ek het by tiaan gekuier en toe ek moet huis toe gaan, bars ek sommer in trane uit. ja, ek is 'n pateet, maar ek moet dan net 'n ordentlike pateet wees. en ek dink dis wat party mense nie verstaan van my nie en ek dink dis hoekom ek soms so agter raak en soms kontak verloor en ja, ek is die oorsaak 85% van die tyd. ek is oor mense soos 'n druggie is oor sy LSD. as ek net ewe skielik weg geruk word van iemand, dan klou ek nog vas vir al wat ek werd is en hoe minder ek hoor van die mense of hoe minder ek hulle sien, hoe swakker raak my greep. en mettertyd verloor ek dit. mettertyd verloor ek die mense vir wie ek eens op 'n tyd so lief was dat ek nie sonder hulle nie.
tog is daar by tye wat ek dan net sal sit en dink. gewoontlik behels dit 'n foto album en ek blaai daardeur en dan wil ek net begin tjank, want wat het geword van die "forever friends"? hoekom het Mr B tussen julle gekom?
dis dan wanneer ek iemand bel wat ek weet my sal kan help. so het ek weer vir Esmirelda Elizabeth opgespoor en dit het my so baie vreugde gebring. dis hoekom ek nog probeer om elke maart vakansie by jacolette te gaan kuier. dis hoekom ek mail en stupid goed se, want ek wil bly glo aan my verslawing aan die spesifieke persoon. ek bly glo dat ek nie sonder jou sal klaar kom nie. ek is bang vir die dag wat my greep sal verslap en ek almal verloor wat ek sien as my kosbare vriende.
dis dalk hoekom ek so uitstel om stellenbosch toe te gaan. ek is bang hulle hou nie meer van my nie.

2 comments:

miss maree said...

Hi
moeinie worry ons almal luvvvv jou nog.Sal actually nice wees om jou weer te sien. EWn die wat nie meer van jou hou nie wel ek dink nie hulle was dan ooit regtig jou vriende. ek weet dis harsh maar dis nou ongelukkig maar hoe dit is.

mooibly

Riaan said...

Merryme is reg. We love you!
Ons sal jou nie wegjaag uit Stellenbosch met Pitchforks and Torches nie. Kom kuier. Seblief!