Tuesday, March 13, 2007

skool


ek sit vandag daar op die gras en gesels met 'n vriendin. ek en sy kom nou al saam van ons eerste jaar en ek is trots om te se dat Yolandie Fick my beste maaikie is in die Vrystaat. (Tiaan uitgesluit natuurlik). en ons het daar gesit en oor verskeie dinge gepraat, maar iets waaroor ek weer begin dink het, was die ding wat ons almal gehaat het toe ons daar was, of altans ek, die monster wat jou deur elke naweek jaag...skool.

ek het nooit gedink dat ek dit sou se nie, maar ek mis dit soms. meer die mense. tog nie wie hulle nou is nie, maar wie hulle was. daar is nog so paar van my skooldae met wie ek in kontak gebly het, en hulle is great en mis hulle elke dag net meer en meer. ek dink 'n ding wat 'n groot verskil maar is dat mens uitmekaar groei.
dit maak my hartseer en sommer morbied, want het geword van al die mense? die een op wie jy jou eerste crush gehad het (myne is steeds in Springbok, of altans ek dink)? die een wat jy eerste gesoen het (steeds in springbok) jou eerste maaikie (damn, dis lank terug...)
ek weet onderwysers is ook iemand wat jy wil vergeet, maar ek wonder soms wat juf Piet die afgelope tyd doen. orffer?
wat ek die meeste mis is die hokkie. ek het gelewe daarvoor en deesdae wil ek nie eers na 'n stok kyk nie. daar was so baie herhinneringe aan daai ding wat so in my kas staan en vir my loer.
die weirdste ding vir my, maar ook die lekkerste, is wanneer ek iemand hier by Kovsies raakloop wat actually van my skool is. dan eers begin ek besef hoe baie ek die plek mis. hoe baie ek graag ek oor dinge wil praat wat ek aangevang het en die wonderlike tye wat gedeel is met verskillende mense.
die laat aand stappies van my huis na 'n vriendin of anders om. die fondue's, die hokkie kuiers, CSV, die LLR dans, die wonderlike blomme in lente...ai...ek mis dit so.
dis sulke tye dat ek wens dat ek nooit die tyd so omgewens het nie, want kyk waar sit ek nou, 22, in Bloemfontein, met my hart iewers in die lug, want ek besef dat ek nie weg van springbok gegroei het nie, maar daar springbok my ontgroei het.

groete
fairy

No comments: