Friday, April 1, 2011

Net omdat ek lus is...



Ek is onder die indruk dat dit dit goed is om met jou werk op te vang as daar geen studente op kampus is nie. Dit is nogal 'n vreugde, want dis stil, jy kan naby jou kantoor parkering kry, dis stil... Maar dit is nogal 'n probleem as al jou werk reeds 2 weke voor die kwartaal geëindig het op datum is. So nou sit ek hier.

Ek wil altyd so oor die liefde skryf en ek vermoed dat ek dit eintlik altyd op een of ander manier inwerk. Liefde, heimwee, drome... dis mos eintlik die motief? Tog wonder ek wat dit regtig beteken om opreg lief te hê. Soos hulle in die Bybel praat. Want almal het mos maar net lief op sy of haar eie manier. Wil nie regtig die grense van daardie gemaksone oorsteek nie. Hoekom nie? Hoekom is mense instaat om ander te verpes, vermy en selfs te haat oor foute in die verlede?

Ek doen dit gereeld.

Toe skep ek maar 'n SPAM folder in my brein. Nie vir die mense nie, maar die emosies wat so onwelkom is. Daai gevoel wat so van my tone af opkrul, so 'n ongemaklike gevoel in my nek laat en my soms sommer wil laat braak as ek iemand sien of slegs die persoon se naam hoor. Dan praat ek maar met myself en verduidelik dat dit 'n mens is. 'n Mens met foute en probleme en sy/hy kort ook 'n 2e, 3e, 780e kans om net te wees, te hoort en vrede te vind.

En dan bid ek.

Want daardie SPAM folder was al oorvol en dan loop als net oor en vreet als op asof dit suur is. Not ayoba. Die folder help naturlik met die huwelik ook, tog sukkel ek bietjie met die hantering van woede... blah!

1 comment:

Anonymous said...

O baie mense sukkel. . .