
Vandag het ek spesiaal vroeër opgestaan om bietjie vroeër by die werk te wees, maar toe wou niks werk nie! Niks, niks, NIKS! Ek wil skree van frustrasie en sommer 'n duik in die rekenaar skop, iemand by rekenaar dienste bel en net skree, want HULLE het gesê dat ek my password moet verander. Idiote!
Ek hier vind ek myself. Kan nie werk nie, wil nie eintlik huistoe gaan nie, maar daar wag mos daardie bobbejaan van 'n monster vir my. Ek dink ek moet maar net moed bymekaar skraap en net my vinger na die ding wys (nee, nie die middelvinger nie) en lag. Daardie uit-my-maag lag, of rol-op-die-grond-rond lag. Want wat help dit om te worry, jy kry net plooie daarvoor!
So ek gaan maar huistoe gaan en 'n oordosis koffie inneem en aan't werk raak. Ek moet dan nou weer volgende week die puppet master loop sien. Ek het gelukkig al geleer om daardie aspek te hanteer. Bluf. Bluf die master, maar wat belangriker is, is bluf jouself, myself. Ek glo dat as ek glo wat ek sê die waarheid is, wie kan met my stry?
Dit kom eintlik neer op die frustrasie, woede en als neer. Bluf jou brein. Hulle sê mos dat jou denke jou hele lewe kan beïnvloed. Wel, in daardie geval, sal ek self besluit hoe ek voel en hoe ek dit gaan hanteer. Vandag het ek besliut om tog nie my rekenaar by die venster uit te gooi nie, maar dit laat scan vir die VIRUS, dit 'n pat on the back gee en die huis aandurf...
Ja, dit behoort die bobbejaan monster effe te krimp...
No comments:
Post a Comment