
... nestas hagunnan hinase hic enda thu uuat umbidan uue nu?
Toe ek eendag nog klein was, so heelwat jare terug, het ek myself as 'n dromer gesien. Al die mense wat ek ontmoet het was te wonderlik en ek het nooit of bitter min die onderliggende sarkasme en wraak gehoor nie. Wou seker nie. Tog het ek nooit gedink ek is naief nie. Nooit. Ek dink nie eers ek het geweet wat dit beteken nie. Dis hoe naief ek werklik was.
Tot in my eerste jaar. Toe het ek begin agter kom dat almal nie van jou hou as jy bloot net jouself is nie. Dit kan ek actually sien deur te kyk wie die min mense is wat ek in my eerste jaar ontmoet het wat steeds in my lewe is. Almal verwag dat jy moet aanpas en verander en as jy nie kan of wil nie, maak ten minste of jy doen.
Ek wil nie terug kyk na die verlede nie. Nie in die sin dat ek oor iets moet spyt wees nie. Elke oomblik van die verled moet gekoester word en elke fout wat jy gemaak het, moet ek op 'n goue kussing bêre, want dit is daardie foute waaruit die lesse gekom het wat bygedra het tot wie ek vandag is. Geen persoon met wie ek 'n gedeelte van my lewe 'n pad gestap het is verlore nie, al was daar trane, al was daar hartseer. Daar sal altyd die vreugde wees wat bo oor dit als uitstraal.
Al probleem wat ek tans het, is om terug te kyk en te dink dat dit steeds is wie ek is. So asof my lewe in yster gegiet is. Stil, gevries, verby? Dis die probleem wat die aande maak dat ek nie kan slaap nie. Die vrees dat my tyd van droom verby is en dat ek maar net tevrede moet wees met dit wat is.
Maar dan kyk ek na Tiaan en ek besef net weereens dat dit net die begin is. Dat ons nog so baie het om voor dankie te sê. Dat ons nie te wonder wanneer ons die nes gaan begin bou nie, maar dat ons fondament so sterk is dat niemand dit sal instaat wees om dit te breek nie. En dan vat ek sy hand en ons hardloop die berg saam uit. Hoekom sal mens dit dan andersins jou beter helfte noem?
My swakpunt is sy sterkpunte