Ek het nog 'n half uur van werk oor en vir die eerste keer het ek heeldag gewerk en nou eers die tyd gekry om eintlik soos 'n doellose swaap op die internet te grawe. Hoekom skryf ek dan nou eers weer? Dit was nogal 'n skok om te sien dat ek die bladsy 'n jaar gelede besoek het. Dit het eintlik gebeur toe 'n vriendin haar naam gegoogle het... Ek moet weer gaan kyk wat ek geskryf het... net om seker te maak dat ek nie 'n oomblik van waansin betree het nie.En ek weet van waansin.
Ek het met als agter geraak. Met my akademie, my werk en verstand. Ja, ek is getroud. Wie sou dit kon raai? Jy wonder seker oor die prentjie... as ek aan my magister ding wat elke aand in my oor kom hoes, dan lyk my gesig so.
Moet hol, moet boeke na die bib toe terug vat - die boete is alreeds R230... Ek dink so.
Cheers
No comments:
Post a Comment