Wednesday, October 28, 2009

als wat lekker is...

Ek moet eintlik verban word om te skryf as ek voel soos ek nou voel. Ek het eintlik werk om te doen. Ek het vandag vir my werk van die huis af gebring en ek moet die webblad klaar maak. Maar ek staar liewer na die rekenaar asof ek eintlik hoop dat dit binnekort in my gesig gaan ontplof.

Op die stadium sien ek myself net in vandag. Ek sien myself nie môre iets doen nie. Ook nie oor 'n paar dae, weke, maande of jaar nie. Ek het geen plan nie, niks om na uit te sien nie. Vandag voel dit vir my of ek tot dusver iemand anders se lewe betree het en dat die een wat nou hier sit vandag besluit het om uit te kom. Die een wat ek eintlik so ver probeer weg steek, want dis die een wat niemand wil ken nie en die een met wie niemand praat nie.

Ek bestuur nie meer met 'n savety belt nie. Ek kyk nie meer of die trein kom nie. Ek kyk ook nie meer hoe vinnig ek om 'n draai ry nie. Ek vergeet ook om die huis se deure te sluit... of is dit ook aspris?

Friday, October 9, 2009

Lonely Planet


As jy mooi op die prentjie kyk, daar aan die bo kant rond, so tussen die boom-effek goeters... daar staan so 'n dingetjie wat lyk soos 'n mier...
Aangename kennis, my naam is Jani.
Dit is hoe ek die afgelope tyd praat, want ek weet daar kort iets na die naam. 'n Van sou jy sê? Ek wonder of mense dink ek sien myself as famous of belangrik dat almal weet wat my van is... En dit is waar die ding in kom...
Ek het gedink dat die wêreld nou al sal aanvaar dat 'n vrou haar van sal hou en dat dit sosiaal aanvaarbaar sal wees, maar dan staan die wêreld se mans op en maar hulle stem dik. Die onderdanige vrouens sal ook hulle menig lig en op die ou end vou jy onder al die woorde, al die idees en die ding dat jou arme kinders gespot gaan word en dalk skeef gekyk word ook as pa en ma nie dieselfde van het nie.
Maar ek sal nie daarop aanhammer nie, want ek het dit nou maar aanvaar dat dit die lot is wat oor jou kom stroom daardie dag wat jy die ja-woord uiter.
Ek sukkel net daarmee. Ek is al meer gewoont daaraan om dit te hoor. Self te sien of op 'n email te tik, ek is meer gewoont daaraan om dit te teken, al glip die "Zandberg" nog plek-plek in, maar elke keer as ek dit sê, dan los dit so 'n bitter smaak in my mond...
Jani de Lange
Jani duh Lange
Jani du LAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAANGE...
ek is nie lank nie, ek is kort en 'n stofwolkie wat mense nie sien voordat dit in hulle oë gewaai het nie. Ek sal dit sê tot ek nie meer wil huil daaroor nie. Ek sal dit sê en ek sal dit skryf, maar ek sal dit nooit wees nie.
In my hart sal ek vir altyd en ewig Jani Zandberg wees.
Cheers

Tuesday, October 6, 2009

Ek staar nou maar na die ceiling, want die ander mense in my kantoor is hard aan die werk en hier sit ek met my vinger - albei vingers – in my oor. Dit klop eintlik nie met my logika nie, want ewe skielik het ek nou hierdie beeld van myself in my geestes oog waar ek met my tone op die rekenaar se keybord tik en ek met albei wysvingers die grys massa van ’n brein my een oor wil uitgrawe en tot ’n palp slaan. Wat help die goed tog - ek kry nie gedoen wat ek eintlik moet doen nie.

Ek het eintlik nie ’n probleem met my brein nie.

Dis daardie stemmetjie. Daardie knaende, aanhoudende stemmetjie wat so graag wil hê ek moet luister. Ek het op ’n stadium ’n naam vir die stem gehad. Ek het geluister ook. Dit was daardie dae waar ek in tydens pouses teen die wit muur teen die son gesit en verhaaltjies van die liefde en feetjies en kabouters geskryf het. Toe was die stemmetjie se naam Mthembu.

En nou staar ek na die skerm. En foto’s om die skerm. Foto’s van glimlaggende mense wat vol vreugde is en wat soveel drome nog het. Waar soveel beloftes nog wag. Naïewe mense. Dis ’n gesig van iemand wat ek skaars herken. Hoekom wil jy foto’s van jouself iewers hê as jy weet dat dit so ’n kotserige bitterheid in jou binneste opstoot?

Hoekom wil jy nie print nie? Print! Print! Dammit, dom, ou, stukkende Printer!

Oh, die ding was gepause.

Ontspan

Haal asem

Begin weer

Nog 'n uur oor. Hoe op aarde is dit moontlik dat 7 ure soos ’n ewigheid kan voel? Ek weet nie hoekom ek so is nie. Ek was nooit die mens nie. Ek was mal oor Mthembu en ons het lekker tye saam gehad. Sy is meer as net ’n stem. Sy het ’n gesig, oë, neus en mond. Sy het ’n liggaam, arms en bene. Sy was my beste pêl.

Hoekom nie meer nie? Hoekom werk ons nou net saam en wanneer sy met my praat dan kry ek koue rillings tot in my tone. Ek sal bietjie moet dink wat gebeur het...

Ek onthou: sy is ’n sangoma.

Monday, October 5, 2009

Noem hom magister

Ek het nog 'n half uur van werk oor en vir die eerste keer het ek heeldag gewerk en nou eers die tyd gekry om eintlik soos 'n doellose swaap op die internet te grawe. Hoekom skryf ek dan nou eers weer? Dit was nogal 'n skok om te sien dat ek die bladsy 'n jaar gelede besoek het. Dit het eintlik gebeur toe 'n vriendin haar naam gegoogle het... Ek moet weer gaan kyk wat ek geskryf het... net om seker te maak dat ek nie 'n oomblik van waansin betree het nie.

En ek weet van waansin.

Ek het met als agter geraak. Met my akademie, my werk en verstand. Ja, ek is getroud. Wie sou dit kon raai? Jy wonder seker oor die prentjie... as ek aan my magister ding wat elke aand in my oor kom hoes, dan lyk my gesig so.

Moet hol, moet boeke na die bib toe terug vat - die boete is alreeds R230... Ek dink so.

Cheers