
As jy mooi op die prentjie kyk, daar aan die bo kant rond, so tussen die boom-effek goeters... daar staan so 'n dingetjie wat lyk soos 'n mier...
Aangename kennis, my naam is Jani.
Dit is hoe ek die afgelope tyd praat, want ek weet daar kort iets na die naam. 'n Van sou jy sê? Ek wonder of mense dink ek sien myself as famous of belangrik dat almal weet wat my van is... En dit is waar die ding in kom...
Ek het gedink dat die wêreld nou al sal aanvaar dat 'n vrou haar van sal hou en dat dit sosiaal aanvaarbaar sal wees, maar dan staan die wêreld se mans op en maar hulle stem dik. Die onderdanige vrouens sal ook hulle menig lig en op die ou end vou jy onder al die woorde, al die idees en die ding dat jou arme kinders gespot gaan word en dalk skeef gekyk word ook as pa en ma nie dieselfde van het nie.
Maar ek sal nie daarop aanhammer nie, want ek het dit nou maar aanvaar dat dit die lot is wat oor jou kom stroom daardie dag wat jy die ja-woord uiter.
Ek sukkel net daarmee. Ek is al meer gewoont daaraan om dit te hoor. Self te sien of op 'n email te tik, ek is meer gewoont daaraan om dit te teken, al glip die "Zandberg" nog plek-plek in, maar elke keer as ek dit sê, dan los dit so 'n bitter smaak in my mond...
Jani de Lange
Jani duh Lange
Jani du LAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAANGE...
ek is nie lank nie, ek is kort en 'n stofwolkie wat mense nie sien voordat dit in hulle oë gewaai het nie. Ek sal dit sê tot ek nie meer wil huil daaroor nie. Ek sal dit sê en ek sal dit skryf, maar ek sal dit nooit wees nie.
In my hart sal ek vir altyd en ewig Jani Zandberg wees.
Cheers