Die dae gaan deesdae al hoe vinniger verby en ek begin wonder wat ek die afgelope paar jaar gedoen het, want iewers het dinge so deurmekaar geraak dat ek my tweede jaar omruil met die eerste en so kan ek aangaan. My herhinneringe raak deurmekaar, maar dit maar seker nie saak hoe dit gebeur het nie, solank ek net kan weet dat dit wel gebeur het en dat ek steeds daar aan kan vasklou asof dit vandag was.
Ek het vandag weer in my blog gegaan met die idee dat ek weer wil begin skryf, maar eintlik het ek nie iets nie. ek het die vakansie aan baie goed gelê en dink. Van politiek tot die liefde. Van die vreugde van elke dag tot by Eskom wat ons in die donkerte laat sit (die kerse maak dit romanties, wat my weer terug vat na die liefde). Maar wat ek eintlik wil sê, is: "Hê geduld met my, want ek effe broos, die bottel Tassies het my gisteraand hard geslaan.
Ek vind dit steeds moeilik om te besef dat ek die jaar in my vierde akademiese jaar is en dat ek nou 'n getransformeerde Vrystater is. Dit begin my eers vang as ek 'n eerste jaar raak loop, en dit lyk of die kind nog in die skool moet wees.
Dis 2008... Ek glo dat die jaar 'n mooi jaar gaan wees, al gaan dit moeilik wees om dit in die donker te sien. Die jaar hou vir almal baie dinge in. Ons raak almal ouer en dinge verander elke dag, mens moet net leer om elke dag se potensiaal te sien.
Ek voel die jaar ook anders. Ek voel dit binne my dat ek wel ouer raak, maar darem nie oor die muur is nie. Ek het meer vertroue in myself en ek dink anders oor die lewe. Mense verwag sekere goed van my en sien dit as my plig om hulle te verbaas... Dis nogal prettig om dit te doen.
Wel, die dag is nog 'n papie, so ek moet gou weg gaan om bietjie werk te doen...
Tot later dan
No comments:
Post a Comment