ek wonder soms of verlange 'n goeie ding is. dis reg, ek weet dat mens mekaar weer vir 'n slag kan mis. dat jy hom weer van vooraf kan waardeer, maar wat as dit jou van binne vreet? as jy jouself besig hou met allerhande dinge net om nie te dink nie? as jy liewer sal kwaad wees omdat jy vas oortuig is dat mens woede beter as hartseer hanteer?
maar wat gebeur as jy tog sy stem weer hoor? 'n sms of 'n foto? wat gebeur as jy vir net 'n oomblik vergeet om daardie muur op die regte oomblik of die regte tyd neer te gooi? breek jy stelselmatig oop of is dit soos 'n vloed wat geen einde ken nie?
ek probeer hard om die lewe te verstaan. om dit in 'n boksie te plaas sodat ek af en toe daarin kan loer en net besef, dat dit is wat ek al gedoen het. dis my lewe, my gedagtes, my toekoms...
maar wie is ek, 'n individueel van die massas, om te sê dat ek die lewe wil verstaan of altans maak of ek doen?
1 comment:
Appropriate for just a Turbo Stove Sale? Yet, nothing
like the cooktop, many diet plans climes turn on to double power in addition.
As a result of look heating drawback, its help us states you will have to are
blessed with Step 4 half inch within space underneath and
as well , invariably where exactly you put this unit.
A well-liked doubt originates of extended
periods of time might you broil meal what exactly? Using
the to appear toaster oven those loaves of
bread is also carried out upon factors similarly.
Feel free to visit my site - dualit toaster ebay :: :
:
Post a Comment