ek besef eers hoe vinnig die dae vlieg as die eerste kwartaal verby is. en nou... nou sit ek weereens, soos elke jaar en wonder hoe ek alles gelyk gaan kla he en dan nog op een of ander manier dit reg kry om nie te pluk nie...
daarom wil ek by voorbaat se, dat ek nou, vir eers net 'n tydjie gaan wegbly, want my akademie vir die semester moet nou eers afgehandel word. ek weet dis vreemd vir my om dit te se, want ek is die laaste mens wat enigsins akademie voor iets te sit, maar in die geval is dit wel nodig.
die eksamen roosters is ook uit, so die druk raak nou maar hoog...
Dis waar tyd vir my in kom. soms voel die dae so lank, veral as jy vir 'n lank tyd nie vriende gesien het nie of jou geliefde mis. dan kan dit mos voel asof jy doelbewus uitgetart word. dan is daar weer ander kere, soos deesdae met my, dat jy nie kan verstaan waarheen jou dag is nie (gister het ek myne voor die tv deurgebring - krieket gekyk), maar voor jy jou oe uit vee, is die dag om en jy is so moeg dat jy skaars jou oe kan oophou.
ek is jammer as ek effe morbied voorkom, maar ek is. ek is moeg en gatvol en teleurgestel.
wel, laat ek gaan. het 'n klas wat wag vir my en ek moet seker vir 'n slag produktief by die werk verkeer.
mwah!
1 comment:
Hey jy ek weet hoe jy voel. Dis asof daar net nie genoeg ure in die dag is om alles klaar te kry wat gedoen moet word.
Ps. het jy al iets van debs gehoor gooi my `n mail en laat weet.
mwah
Post a Comment