Tuesday, July 20, 2010

om groot te word suck!



Ek weet nie regtig waar dit begin het nie. Dalk verlede week, maaar ek is nie seker nie. Dit kon al vroeër gewees het. Ek weet nie so mooi nie, ek kan nie regtig onthou nie. Ek dink dit is die Zandberg-curse, maar tog, kan dit nie dalk wees dat ek ook maar een van die mense is, een van die agter osse, jy weet, wat nou ook in die kraal kom nie? Wat gebeur met jou as jy eers in die kraal kom?

Dié op ons plaas, die in die kraal nou, word gewoontlik geslag

Dis asof alles net nou te vinnig gebeur en dan spring ek op die trein, hou met altwee hande aan die reiling vas, lag tot in my binneste en voel hoe die sonskyn op my gesig bak en die wind my hare agtentoe waai.

Dan bars jou geyser en jou pa vat 'n week om jou te sê dat die ding onder versekering is.

Ek verander net my voete en maak my oë toe. Dis lekker om so in beheer te voel en gelukkig in jouself te wees. Jou lewe voel uiteindelik of dit rigting kry.

Dan val 'n voertuig se briekblokke uit.

Ek laat my een hand los en kyk bou uit na die wolke. Ek fladder saam met hulle rond. Hoe lank sal ek die geleentheid hê om so te voel? Ek voel soos 'n voëljie wat die eerste keer leer om te vlieg, wat nog moet oefen om die vlerke sterker te kry.

Dan breek my stoof.

My voet glip en verloor my balans. My arm en hand is gelukkig sterk. Ek hou nog vas en ek sing teen die wind. Die lewe is 'n lied en elke dag is 'n nuwe avontuur.

En toe skok ek. Regtig. Ek het die alarm aangesit, en toe maak die ding snaakse geluide, toe sit ek dit weer af en daar skok die bliksem my en die alarm gaan af! Ergste van als is, is dat ek eers na 5min agter gekom het wat eintlik gebeur het.

En toe kry ek myself, besig om teen my kantoor deur te skop, want ek kry dit nie oopgesluit nie. Al wat ek wou doen is in my kar gaan klim, huistoe ry en in my bed klim, kop ver onder die komberse en myself jammer kry, want wanneer hou dit op. Hulle sê dat die groeipyne nodig is, maar op die stadium voel dit of ek gedonner word.

Maar ek het myself belowe dat ek nie gaan huil nie.

Groot meisies huil mos nie.