Tuesday, July 20, 2010

om groot te word suck!



Ek weet nie regtig waar dit begin het nie. Dalk verlede week, maaar ek is nie seker nie. Dit kon al vroeër gewees het. Ek weet nie so mooi nie, ek kan nie regtig onthou nie. Ek dink dit is die Zandberg-curse, maar tog, kan dit nie dalk wees dat ek ook maar een van die mense is, een van die agter osse, jy weet, wat nou ook in die kraal kom nie? Wat gebeur met jou as jy eers in die kraal kom?

Dié op ons plaas, die in die kraal nou, word gewoontlik geslag

Dis asof alles net nou te vinnig gebeur en dan spring ek op die trein, hou met altwee hande aan die reiling vas, lag tot in my binneste en voel hoe die sonskyn op my gesig bak en die wind my hare agtentoe waai.

Dan bars jou geyser en jou pa vat 'n week om jou te sê dat die ding onder versekering is.

Ek verander net my voete en maak my oë toe. Dis lekker om so in beheer te voel en gelukkig in jouself te wees. Jou lewe voel uiteindelik of dit rigting kry.

Dan val 'n voertuig se briekblokke uit.

Ek laat my een hand los en kyk bou uit na die wolke. Ek fladder saam met hulle rond. Hoe lank sal ek die geleentheid hê om so te voel? Ek voel soos 'n voëljie wat die eerste keer leer om te vlieg, wat nog moet oefen om die vlerke sterker te kry.

Dan breek my stoof.

My voet glip en verloor my balans. My arm en hand is gelukkig sterk. Ek hou nog vas en ek sing teen die wind. Die lewe is 'n lied en elke dag is 'n nuwe avontuur.

En toe skok ek. Regtig. Ek het die alarm aangesit, en toe maak die ding snaakse geluide, toe sit ek dit weer af en daar skok die bliksem my en die alarm gaan af! Ergste van als is, is dat ek eers na 5min agter gekom het wat eintlik gebeur het.

En toe kry ek myself, besig om teen my kantoor deur te skop, want ek kry dit nie oopgesluit nie. Al wat ek wou doen is in my kar gaan klim, huistoe ry en in my bed klim, kop ver onder die komberse en myself jammer kry, want wanneer hou dit op. Hulle sê dat die groeipyne nodig is, maar op die stadium voel dit of ek gedonner word.

Maar ek het myself belowe dat ek nie gaan huil nie.

Groot meisies huil mos nie.

Monday, May 31, 2010

Don't mind me



ek soek eintlik net 'n plek om te skree, want ek dink nie mense gaan dit waardeer as ek in die gang staan en my beste Namakwalands uithaal nie.

DIE %$#@! MENSE! WIE DINK HULLE IS HULLE? HULLE IS *&%# AGTERAF KOMIN %$# EN HOE KAN HULLE %$@#@! GLO DAT HULLE ^$^&&$#@ DAARMEE KAN WEGKOM. HULLE HET NET &^%$# VOORRAAD BESTEL EN ^%@@#% NIKS VERKOOP NIE. NOU IS DIE $%$@#$ GOED VERBY HULLE VERVAL DATUM EN NOU SIT HULLE BY DIE ^%$@@!$% DEPARTEMENT ARBEID EN WIL BY ONS &^#@$^% PLAK. HULLE IS &^&&$#@#$^ EN EK HOOP ^^$@##$^%*&^ DAT HULLE NET %$#@! EN KLAAR KRY.

&%#$ %$@ *&@#^ %%$*&


Ek kan eintlik bly wees dat ek nie vandag my bloeddruk laat neem nie. Hulle sal my defnitief moet inspuit.

Dose! Ag, askies, %#@^!

Thursday, May 13, 2010

Die cherry op die koek of anders om?



Op die stadium het ek 'n catchy titel en 'n snazy prentjie.

En dis dit.

Ek wens ek het meer gehad as net dit. Wens ek was 'n bietjie slimmer, 'n bietjie gesonder, 'n bietjie mooier. Wens ek kon elke dag vir elkeen 'n glimlag op hulle gesig sit en ek wens ek kon elkeen verstaan. Ek wens ek het bietjie meer geduld gehad en bietjie meer hoop dat als op die ou end beter gaan wees.

Maar wie is ek dan?

Sal ek dan beter kan verstaan hoekom goed net moet verander en dat ek op die ou end net alleen in 'n koue kantoor gaan sit. Gaan ek dan begrip hê oor goed wat ek reeds nie ontleed? Gaan ek kan weet hoekom mense 'n telefoon in my oor neer sit en net aanvaar dat ek die een is wat vol kak is?

Of sal ek dit beter kan hanteer?

Thursday, April 22, 2010

Ek is daai geel een...


I want to die like my grandfather - peacefull in his sleep - not like the others in his car - screaming!

Ek dink as ek lank genoeg na die skerm staar sal daar op een of ander manier woorde op my skerm verskyn. Ek is moeg, gatvol en lui en ek sal eintlik als wees wat iemand vir my sê ek is. Dit is soms makliker om net jou kop te knik as om van mense te verskil. Dit is in elk geval nie goed vir die bloeddruk nie - die verskil nou.

Since I was 14 I listened to my gut, now I am older I realise that my gut has shits for a brain

Ek het geleer dat dit nie meer die moeite werd is om teen die stroom te swem nie, want op die ou end is jy so moeg en op en gatvol, dat jy in elk geval op die ou end saam met die ander gaan dryf. Die kuns van die lewe en sukses is om wel saam met die stroom te gaan, maar swem viniger as die ander, moenie beheer verloor, weggesleep word en in die stroom versuip nie, maar klimp uit op die rotse en walle en hardloop.

Friday, March 19, 2010

When we where young


(Ek probeer maar vandag Ingels)
I was looking at photo's of a friends wedding today...
(nee, twak, dit werk nie vir my nie)
Ek het vandag na 'n ou skoolvriendin se troufoto's op facebook gekyk en my hele mood het sommer verander. Ek verlang haar so baie. Ons het so baie fun gehad en so baie gelag. Ons het oor simpel goed baklei en vir 'n week nie met mekaar gepraat nie. Maar ons het altyd dinge uitsorteer.
En dit is iets wat eintlik al so baie gebeur het. Deesdae hou ek my tough en sê ek gee nie meer om nie, dis hulle probleem, ek gaan nie meer probeer kontak hou... ens. Dit is eintlik al 'n ou rympie. Tog hou ek hulle opo facebook as ek ander mense afvee. Tog vis ek by ander uit hoe dit gaan, want damit, ek wil nie die fun vergeet nie.
Aan die ander kant is dit baie dom om so aan die verlede vas te klou. Fine, ek weet die lewe was soveel makliker toe ons nog kinder was en fine, jy het nie nodig gehad om rekeninge te betaal en nodig gehad om te worry oor wat jy vir aandete maak nie. Jy het dood moeg gaan slaap, in jou ouers se bed geklim as jy 'n nagmerrie gehad het, jy het kaalvoet en met 'n tjoklit bek in die winkels rond geloop en boonop geglo jy kan vleig.
Maar ons raak ouer en die lewe en jou lewe verander. Jy het meer verantwoordelikhede en jy raak bekommerd oor wat jou toekoms inhou en nie meer of jy 50% vir 'n toets gaan kry nie. Jy moet maar smile wanneer jy fotos van mense se groot dae sien en net bid dat hulle soveel geluk soos jy sal hê. Jy moet besef dat dit nie net jy was wat verander het nie, maar hulle ook. Klou maar aan die veranderinge, maar moenie van die vergeet wat op jou blog gaan - wat jy een keer 'n jaar gebruik - om op een of ander manier nog kontak te behou. Dankie Riaan, jou email is oppad.
The world is a playground
You know this when you are a kid
But somewher along the line we forget that
-Yes Man!