Ek weet dat dit nie help om te kla nie, maar ek dink dat dit soms nodig is, veral as niemand regtig vir jou luister nie...
Ek is nie 'n lui mens nie, wel, ek is op my tyd, maar as ek werk het dan doen ek dit. Veral as ek daarvoor betaal word. Maar wanneer jy iets doen wat nie meer opwindend is nie of iets wat jou gen meer uitdagings bied of jou intelligensie onderskat en tart, dan benodig mens meer as daardie pay check wat aan elke einde van die maand op jou tafel lĂȘ.
Wat help dit om elke dag vroeg op te staan, te smile - want dis al wat mense blykbaar van jou sien - en net vriendelik te wees as jy geen motivering daarvoor kry nie. As jy nie meer 'n "goeie werk" kry nie? Want jy werk vir een persoon, maar ander stuur jou gedurig rond, soms twee keer na mekaar na dieselfde plek. Jy werk net 'n sekere aantal ure 'n dag, maar van jou word daar verwag om als gelyk te doen...
En wanneer die einde van die week kom, besef jy dat jy als gedoen het, behalwe wat jy moes, want jy werk jouself dood om vure dood te slaan of om ander mense uit hul moeilikhede te help, maar dit word nie raak ggesien nie. Dit word nie gesien dat jy jou oemf verloor omdat jy net sielkundig uitgeput is nie. Dat jy agter die smile op jou tande kners om nie te begin skree nie.
Ek werk net so hard soos die ander... as dit nie harder is nie. Dit word net nie raak gesien nie.