My pa sê altyd dat die lewe 'n lied is. Dit is sy motto van die lewe en ek kan met eerlikheid sê dat hy dit al begin sê het voor daardie hemde van "sing bliksem, sing" of enige ander variasie daarvan uitgekom het.
en ek het nou gister aand so op my bed gelê en gewonder hoe waar dit kan wees. of jy elke dag moet instap met 'n smile op jou gesig en net lag, want die lewe is 'n lied?
toe begin ek bietjie wonder daaroor... die lewe kan wees net wat jy daarvan maak. Dit kan jou lied wees, jou fliek (waar jy natuurlik die hoofrol is), jou gedig... mens moet dalk net besef dat daar verskillende genres is van elkeen. Gister was my liedjie, Miss you nights van Cliff Richard, vandag is dit een van die Celtic Women se songs wat in my gedagtes draai. soms Lolliepop van Mika... jy kry die idee, nê?
Dis vir my altyd moeilik om te besef dat 'n deel van jou lewe - groot of klein - in jou eie hande lê. vandag se keuse bepaal môre sy verloop.
'n Vriendin van my het gister vir my geê dat so lank jy heeltyd ja sê, kan jy niemand blameer vir jou situasie nie. Dit bly nogal by my, want dis wyse woorde.
Jy maak van jou lewe, van jou dag, net dit hoe jou ingesteld is as jy wakker word. ek het dit nooit geglo nie, maar ek het dit al self beproef, hoe ek die dag wakker word, bepaal 'n groot deel van hoe my dag uitdraai.
en nee, ek het nie regtig 'n punt nie. ek skryf maar net, want my kop is alweer so vol gedagtes dat ek net wil filosofeer en alles uitsort.
ek weet in elk geval nie of enige iemand dit lees nie...